Pedagogie - Verskillende leerstyle



Pedagogies – Leerstyle

Augustus 04, 2020

 

Pedagogies is die metode en praktyk van onderrig. Volgens (Penger and Tekavčič, 2009; Garci ‘a et al. 2007) ‘n Uitvoerbare pedagogiek moet eerder buigsaam wees as vasgestel om aan te pas by die leerstyle van studente en om te verseker dat die leerproses beduidend leer. (F. Coffield, D. Moseley, H. Elaine en K. Ecclestone, 2004) is van mening dat ‘’Leerstyle verwys na ‘n reeks mededingende en betwiste teorieë wat daarop gemik is om verskille in individue se leer te verantwoord’’. Ons gaan die volgende leerstyle bepreek, visueel, ouditief, lees, skryf en kinesteties.



In die volgende link is ‘n kort video wat die VARK – model verduidelik.

(https://youtu.be/HXx8Je1v6Xo)





Visuele leer

Visuele leerders is leerders wat moet kan sien om te kan leer.Dit is leerders wat die beste inligting "internaliseer en sintetiseer as dit aan hulle aangebied word in ' n grafiese  voorstelling van betekenisvolle simbole. Byvoorbeeld, as die leerders ‘n sinnetjie leer moet hulle die sinnetjie in ‘n prentjie omskep om dit beter te kan onthou.Die visuele leerstyl is wel om te visualiseer maar dit is nie altyd noodwendig deur foto's en video's nie.

Dit is baie belangrik dat ‘n leerder sy leerstyl ken, sodat hy/sy weet op watter manier hulle die beste leer aangesien visuele leerders geneig is om holistiese leerders te wees.

5 interessante feite van ‘n visuele leerder:

Die leerder leer die beste deur prente, tabelle, diagramme en karate.

·       Hulle kan stil sit en met blokkies speel.

·       Mag as ‘n dagdromer beskryf word.

·       Onthou gesigte, maar vergeet name.

·       Verkies om gedialleerde notas te neem. 

Learning Styles - pedagogiayandragogia2016


     Hierdie link sal viir julle meer vertel oor die visuele leerstyl : (https://youtu.be/K327aAlJkHg)







Ouditiewe leer




Is dit beter vir jou om klasse by te woon en luister vir ure na lesse as om te lees deur dik modules? Is jy goed om instruksies te volg wanneer dit verbaal oorgedra word? Leer jy beter deur in groepe saam te studeer en die werk bespreek? Indien jy dink, ja dit klink so baie na myself, mag jy dalk ʼn ouditiewe leerder is.

Elke mens op die aardbol leer en dink op sy eie manier. Dit is tog belangrik en kan jou baie help as jy weet watter manier van leer werk die beste vir jou. Ouditiewe leerstyl is wanneer jy kennis verkry deur te luister en hoor.

Ouditiewe leerders leer beter en meer effektief deur te luister na wat hulle leerkragte sê en hou daarvan om deel te neem in gesprekke. Hulle is baie goeie luisteraars en hou daarvan om sosiaal te verkeer; maar hulle aandag kan ook vining af getrek word oor ander gesels en gewoel wat rondom hulle is. Ouditiewe leerders studeer deur te luister na klankopnames en ook video’s sonder. Hulle hou ook daarvan om gediggies en liedjies te sing en hardop te sê van die leermateriaal.

Sterkpunte van Ouditiewe Leerders

Van kleuterskool tot hoër leerinrigtings, is ouditiewe leerders die mees aktiefste leerders in klaskamers en is ook die leerders wat meer deel gaan neem in klas aktiwiteite en gesprekke. Hier volg ʼn paar sterkpunte van ouditiewe leerders:

  • *     Hulle is goed daarmee om  nuwe idees en kennis hardop te deel
  • *     Besef en kom gou agter wanneer daar verandering in die stem toon is
  • *     Goed om hulle stem te projekteer wanneer dit nodig is
  • *     Baie goed met toesprake en voorlegte aanbied
  • *     Geen vrees om in klasse op te staan en te praat nie
  • *     Volg verbale instruksies beter
  • *     Vind groepstudie baie meer effektief
  • *     Vertel baie goeie stories
  • *     Los ingewikkelde probleme op deur alles hardop te analiseer

Strategieë van Ouditiewe Leer

Ouditiewe leerders leer baie beter deur te praat en leer by ander mense wanneer hulle praat. Hulle sukkel om te leer in klaskamers wat baie stil is en kan ook nie stilte-lees of in hulle gedagtes altyd lees nie. As jy ʼn ouditiewe leerder is, sal die volgende strategieë jou help met jou leerstyl ervaring:

*     Vind vir jouself ʼn studiegroep: Stel vrae op vir mekaar om te kyk of elkeen by is. Lees moeilike en lang modules saam deur en som dit op. Hersien die werk deur dit hardop vir mekaar te lees en herhaal.

*     Doen klankopnames van lesse: Vra vooraf vir jou dosent of leerkrag of jy klankopnames kan maak van die lesse. Probeer om alle ander gepraat of geraas uit te blokkeer. Wanneer jy by die huis kom en wil leer, herhaal dit weer soos jy luister en maak nog notas.

*     Klassieke musiek: Luister na klassieke musiek wanneer jy studeer, dit sal jou kalmeer en beter laat studeer.

*     Lees take of huiswerk hardop: Wanneer jy werk kry of studeer, lees alles hardop totdat jy dit verstaan en kan onthou. Moenie voel asof jy in jou kop saggies moet lees nie. Wees kreatief en verbeel jou jy lewer ʼn toespraak vir mense of jy kan self verskillende stemme gebruik.

Ouditiewe leerstyl wenke vir Leerkragte/Opvoeders

Ouditiewe leerders leer meer effektief wanneer hulle praat, luister en kan deelneem in die klaskamer. Hulle is sosiale “by’tjies” en geniet ander se geselskap en idees. Elke leerder verdien opvoeders se hulp in die klaskamer en hierdie wenke sal daarmee help:

  • *     Vra gedurig vra aan ouditiewe leerders, laat hulle aan die klas verduidelik
  • *     Hou genoegsame klasbesprekings en beloon leerders wat deelname toon
  • *     Vra altyd hierdie leerders om die werk hardop in hulle eie woorde te verduidelik
  • *     Neem klankopnames van lessee n kyk watter leerders stel belang om dit te neem
  • *     Maak dit moontlik vir ouditiewe leerders om verbale eksamens af te lê, wanneer hulle sukkel om eerder te skryf
  • *     Groepbesprekings, groepwerk en sosiale aktiwiteite moet in die lesplanne ingesluit word
  • *     Projekteer jou stemtoon gedurig, gee aandag aan lyftaal en praat so duidelik as moontlik.
Hier is 'n link wat vir julle meer gaan vertel oor ouditiewe leer:



STRUIKELBLOKKE IN LEES

Ter inleiding om die struikelblokke in lees te identifiseer  is dit belangrik om die leesproses te verstaan.

·        Ontluikende lees

Die proses begin reeds voor graad 1 waar kinders blootgestel word aan boeke, tekste, prente, logo’s, padtekens ens. Kinders herken sekere prente, logo’s en tekste en kan assosiasies maak.Perseptuele vaardigheid is baie belangrik en baie

aandag moet hieraan gegee word voor skool.Oog ‘oefening’ is ook belangrik, kinders moet byvoorbeeld op die klimraam speel om diepte persepsie te ontwikkel en oog spiere te versterk deur ver, vining, nader, kante toe ensovoorts te kyk. Verder moet midlyn kruising aandag geniet.Dit is ook belangrik dat die kinders buite speel,

want groot motorise ontwikkeling is baie belangrik voor klein motorise vaardighede ontwikkel word.

.

·       ·        Letter herkenning

Die lees proses bein formeel wanneer die klanke en letters aangeleer word .Kinders leer om klanke te sê ,en die assosiasie te maak met die korrekte letter.Klanksamevoegings is die volgende stap - samevoegings van letters soos do,da,di,du en de. Kinders leer die verbindings ,klank dit en 'lees' die 'woord'.



·        Woord herkenning

 Sodra die kinders ‘n stel van 6 tot 10 letters aangeleer het, word kort woorde gebou soos kat, sat en mat. Kinders klank elke letter en sê dan die woord. So word woordeskat opgebou.

·        Prente ‘lees’

·         Kinders leer om prente te 'lees' , hulle eie storie op te maak ,en oor te vertel .Hierdie is 'n belangrike stap om kinders aan te moedig om na die prente te kyk om 'clues' te kry en dit help om woorde makliker te ontsyfer om sodoende te lees .Daarmee saam leer die kinders om 'n leesboek te hanteer om voor na agter te blaai,en om nie bladsye oor te slaan nie.




·     

·        Sigwoordeskat

 Lees woordeksat word aangeleer voordat boeke gegee word. Sodra ‘n basiese begrip en vaardigheid aangeleer is, word die eerste boek dan gegee. Met gereelde oefening, baie herhaling en vaslegging verbeter die kind se lees. Totdat die kind die ‘reading code crack’. Baie aandag word gegee aan begrip. Vlotheid verbeter soos wat die kind vorder en meer selfvertroue ontwikkel.

As die bogenoemde stappe gevolg word, behoort die leesvaardigheid daarna net te versterk en te verbeter soos wat die leerder selfvertroue ontwikkel en gereeld oefen. ‘n Liefde vir lees moet steeds prioriteit bly gedurende die bogenoemde proses.

Struikelblokke in lees

 

Teen die ouderdom tussen 8 en 9 behoort al die vaardighede in plek te wees om ‘n onafhanklike leser te hê wat met begrip en toenemende vlotheid en spoed lees. As daar struikelblokke voorkom kan dit wees agv:

1.     Swak visie (Dit kan verbeter of opgeklaar word met die hulp van ‘n oogkundige – die kind nodig moontlik net ‘n bril)

2.     Swak oogspiere (Oefeninge wat deur ‘n oogkundige gegee word om spiere te versterk om veral die oog sterk te maak om van links na regs te beweeg en vining terug na die volgende reël, sal help)

3.     Gebrek aan klank kennis (Segmentasie en samevoeging). Hier moet die onderwyser die leerder laat terug gaan terug na die basiese klanke en letters om dit eers vas te lê.

4.     Swak geheue (Dit beteken perseptuele oefeninge moet weer gedoen word)

Ander struikelblokke wat lees negatief beinvloed indien nie een van die bogeneoemde die oorsaak was van die leesstruikelblok nie:

1.     AAS (aandag afleibaarheidsindrom)

2.     AAHS (aandag afleibaarheidsindroom met hiperaktiwiteit)

3.    
Dysleksia (onvermoeë om genoegsame sin uit te maak

van die geskrewe letters) 



Die bogenoemde word deur ‘n spesialis gediagnoseer en sodoende behandel in samewerking met die onderwyseres. Medikasie kan voorgeskryf word, remedieerende terapie kan voorgestel word. In mindere gevalle kan ongesonde geestestoestande ook lees beinvloed en sielkundige hulp sal hier belangrik wees.




·     Skryf as ‘n leerstyl

Die leerstyl skryf is ‘n leerstyl wat ‘n student / leerders kies want hierdie is die  leerstyl wat hulle die beste in werk en die beste in kennis ontvang.Leerders wat die  leerstyl skryf kies het  byvoorbeeld  lees en skryf voorkeure en die skryfmodaliteit is vir hulle die beste om om meer te werk. Die leerstyl skryf gaan gepaard met die di leerstyl lees in die VARK model . Die VARK model help die onderwysers om verskillende strategiee op te bou in die klaskamer wat by elke leerder se leerstyl gaan pas.




In die leerstyl skryf hou student / leerders daarvan om geskrewe opdragte uit te voer soos byvoorbeeld opstelle ens. Onderwysers kan dalk ‘n voorbeeld in die klas skep van diagramme en die leerders sal dan die diagramme beskryf en notas maak en later daardie notas nasien om die werk te verstaan .





Die link hieronder sal meer verduidelik oor die lees en skryf leerstyl en waar die opvoeder leerders kan akkomodeer met die metode om notas te vat is die klaskamer :

(https://youtu.be/VwIaqm6icpc)





Kinestetiese Leerstyl

Kinestetiese leer ook bekend as tasbare leer is ‘n leerstyl waarin leer deur verskillende fisieke aktiwiteite uitgevoer word, eerder as om na ‘n lesing demonstrasies te luister. Dit vereis dat onderwysers materiaal manipuleer om sodoende leer te bevorder. 









Volwassenes het die luuksheid om te verstaan en te akkommodeer hoe hulle nuwe inligting insamel en dit help hulle om beter te onthou. Kinders het nie daardie voordeel nie. Ons behandel alle leerders op dieselfde manier, sonder om in ag te neem die verskillende manière waarop hulle nuwe inligting versamel en verwerk. Ons plaas hulle in kleurvolle kamers, vol visuele stimuli, propvol met vriende en ons verwag hulle moet stil wees, ophou beweeg en ferm te konsentreer.

Hieronder volg ‘n kort video wat handel oor hierdie leerstyl.

(https://www.youtube.com/watch?v=eBN_OO94uBQ)

Kinestetiese en tasbare leerders het soortgelyke leerstyle. Hulle moet beweeg. Hulle leer deur hul liggame en hul gevoel van aanraking. Hierdie leerders het ‘n uitstekende fisieke geheue. Hulle leer vinnig en permanent. Hulle is dikwels begaafd in fisiese aktiwiteite soos hardloop, swem, dans en nog meer ander aktiwiteite. 

Hulle is tipies baie gekoördineerd en het ‘n uitstekende gevoel van hul liggaam in die ruimte en die tydsberekening van hul liggaam. Baie goeie hand-oog koördinasie en natuurlike vinnige reaksies. Taktiele leerders leer deur fyn motoriese bewegings eerder as wat hulle hele liggaam beweeg. Tasbare leerders leer hoofsaaklik deur die aanraking en hulle leer die beste deur praktiese aktiwiteite. 


Ons het die vier verskillende leerstyle bespreek in ons blog. Hierdie leerstyle is visueel, oudetief, lees, skryf en kintesties. Soos een van my mede studente genoem het is visueel wanneer die leerder die beste leer deur beeld, oudetief is wanneer die leerder die beste leer deur klank en kinesties is wanneer die leerder die beste leer deur beweging. Die gebruik van die leerstyle is tot ‘n voordeel vir jou as ‘n onderwyser en hou baie voordele van die leer vir die leerders in. Hierdie leerstyle kan onderwys soveel makliker maak vir leerders. Die tyd het aangebreek vir 'n algemene herinnering aan die gebruik van leerstyle in onderrig. Volgens Stephen Dinham , die teorie is dat indien 'n onderwyser leeraktiwiteite en ervarings kan bied wat ooreenstem met 'n student se veronderstelde leerstyl, leer meer effektief sal wees. Die leerstyle kan ‘n baie goeie komponent wees om binne die klaskamer te gebruik om die leerproses makliler te maak. Sommige leerders leer baie goed met beeld en anders om. Die leerders kan ook hul struikelblokke ooorkom op hierdie manier. Ek en my groeplede sal voorstel dat u hierdie leerprosesse moet gebruik om leerders se leer te stimuleer en te prikkel.




Bronnelys:

https://youtu.be/HXx8Je1v6Xo

Barfoot, D. 2015, Ontdek jou kind se leerstyl, Available: https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/ouerskap/ontdek-jou-kind-se-leerstyl, Last accessed 24 July 2020. 

Lister, D.O.B, 2004. Effects of traditional versus tactual and kinesthetic learning-style responsive instructional strategies on Bermudian learning support sixth-grade students' social studies achievement and attitude test scores. St. John's University (New York), School of Education and Human Services.

https://youtu.be/K327aAlJkHg

https://www.youtube.com/watch?v=E8YolsnHbFc

Van der Merwe, P and van der Merwe, W. 2016. Die rol van die fasiliteerder in die leerproses om’n positiewe gesindheid te bewerkstellig teenoor indiensopleiding vir die vak wiskundige geletterdheid: opvoedkunde, Litnet Akademies:'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe13(3), pp.582-629.

 Van Wyk, C. 2015. 'n Prosesevaluering van'n verkeersoortrederswerkopdrag: geesteswetenskappe, Litnet Akademies:'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe12(3), pp.394-416.


Worley, E. 2020. Lees Struikelblokke [ persoon like onderhoud ], 17 Julie: Paarl.


THE The UNIVERSITY OF KANSAS, School of education and human sciences.2020.4 Different Learning Styles you should know: The VARK model.https://educationonline.ku.edu/community/4-different-learning-styles-to-know . Accessed 27 July 2020.


https://youtu.be/VwIaqm6icpc

 Hamza-Lup, F. 2019. Kinesthetic Learning--Haptic User Interfaces for Gyroscopic Precession Simulation. arXiv preprint arXiv:1908.09082. 

          Lister, D.O.B., 2004. Effects of traditional versus tactual and kinesthetic learning-style responsive instructional strategies on Bermudian learning support sixth-grade students' social studies achievement and attitude test scores. St. John's University (New York), School of Education and Human Services.
 























Comments